Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eskom, dis nou sny of sink

Eskom is om verskeie redes weer in die nuus, en die positiewe geluide wat die president oorsee gemaak het in verband met optimistiese dog onrealistiese oplossings vir die kragopwekker se krisistoestand, kan kwalik opgewondenheid by die Suid-Afrikaanse publiek opwek – veral omdat die verbruiker weer gebuk moet gaan onder ? nuwe vlaag beurtkrag.

Gepraat van opwekking – die kragopwekker strompel voort soos ? dodelik gewonde kolos wat enige oomblik in duie kan stort en of dit weer opgewek kan word, is ? ope vraag. Maar om vet op die vuur te gooi, het die beleërde monster sowaar nog die vermetelheid om van die reeds tot sterwens toe uitgesuigde verbruiker te verwag om hierdie oorvrete, oorgewig, terminaal kranke kolos met lewensondersteunende middele, te wete buitensporige tariefheffings, aan die lewe te hou sodat dit kan aanhou om soos ? gulsige roofdier sy prooi en homself te verorber.

Dis vermetelheid dat die entiteit wat swaar gebuk gaan onder staatskaping en wanbestuur nie bereid is om ernstige introspeksie te doen en verantwoordelikheid te aanvaar vir sy patologiese toestand nie. Nee, hy wil steeds hardkoppig voortstoom totdat hy met sy lekkende stoomketels al sissende die diepte in verdwyn.

Voordat Eskom nie die werklikheid in die oë wil kyk en homself met sy siektetoestand konfronteer nie, behoort Nersa, gesteun deur heel Suid-Afrika, nie ’n duim toe te gee aan hierdie vraatsug nie.

Wat is dit waarmee hy homself moet konfronteer?

Nommer een: Die wanbestuur van die Medupi- en Kusile-kragstasie wat ? enorme bydrae tot Eskom se skuldlas maak en wat deur voortslepende probleme en onvermoë om krag op te wek geteister word. Hier moet ingrypende veranderings kom.

Nommer twee: Die aflegging van duisende oortollige werknemers. Drastiese besluite moet geneem word. Doen dit ten spyte van die vakbonde. Dis óf dit of almal se ondergang.

Nommer drie: Maak vinnig ’n plan om voldoende gehalte steenkool goedkoper te verkry en nie langer die SEB-bevoordeeldes in die steenkoolbedryf met suurverdiende kragverbruikers se geld te subsidieer nie.

Nommer vier: Vergeet van kosmetiese veranderings soos die opbreek in drie verskillende entiteite. Dit is net om die kommuniste en sosialiste in die ANC tevrede te stel. Privatiseer die winsgewende dele.

Dis óf die mes insit en radikaal sny en die pyn vat, óf algehele ondergang.

Meer oor:  Eskom  |  Knysna  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.