Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eskom: Dis pure oëverblindery

Theo Stehle, Knysna, skryf: Dit is klaarblyklik net krisisse waar dit om lewe of dood gaan wat die ANC tot ander insigte betreffende staatsbeheerde ondernemings bring.

Die SAL-debakel bewys dat die regering dit eers aan eie bas moet voel voor die besef posvat: Dis regtig so ernstig as wat kenners en die media dit maak. Kort voor sakeredding deur die president aangekondig is, het Pravin Gordhan met sy uitgediende sosialistiese ekonomiese model nog probeer om die publiek te oorreed om die lugdiens gesamentlik te ondersteun deur kaartjies te koop.

Nou wonder ’n mens, gaan die president en sy kabinet die spreekwoordelike lig sien en dieselfde met Eskom doen voordat die ligte heeltemal uitgedoof word?

Nie as ’n mens na Ramaphosa se onlangse uitsprake luister nie. Eskom moet ten alle koste gered word. ? Nuwe uitvoerende hoof moet die dinosourus regruk, maar daar word nie met die skalpel ingelê nie.

Terselfdertyd (is dit toevallig?) maak die uitvoerende hoof van die staatspensioenfonds (GEPF), Abel Sithole, sy verskyning. Voordat hy nog versoek is, bied hy as’t ware op ’n skinkbord aan dat die GEPF, wat reeds deur middel van die OBK soveel in Eskom belê het, sal bydra tot Eskom se herkapitalisasie, op die streng voorwaarde dat dit deur die regering gewaarborg word!

Dis pure oëverblindery. Almal weet teen hierdie tyd dat die regering met staatskuld van bykans 70% van die BBP nie in staat sal wees om so ’n waarborg te eerbiedig nie. Só smous Sithole met die pensioengeld wat hy ten bate van sy lede moet bestuur, terwyl die raad van trustees soos die graf swyg.

Meer oor:  Knysna  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.