Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eskom en kie. laat my gril en lag

As ek so effens terugdink aan wat ek die laaste paar dae in Die Burger gelees het, dan gril ek tot in my tone en wonder waarheen ons in dié land op pad is.

Aan die een kant lees ek dat Manie Diedericks van Kuilsrivier (09.05) nou R150 per maand bykomend moet betaal omdat hy elektrisiteit bespaar; hy gebruik minder as 600 eenhede per maand en dis te erg!

My asem slaan weg, want ek hoor gedurig hoe Eskom sukkel om die mas op te kom en dan weer dat Eskom se inkomste daal as gevolg van die laer verbruik deur die publiek.

Hoe anders? Ek lag liewers.

Ek dog dis die einde, maar nee, nou ten spyte van Eskom se onvermoë, moet ieder en ’n elk wat krag opwek, registreer.

Afgesien van ons windlaaiers en sonpanele het elke voertuig ’n generator om krag op te wek. As kind het selfs my fiets ’n klein generator gehad met ’n roller wat teen die band raak en dan draai, om sodoende snags krag vir lig te verskaf.

Die vraag is nou hoeveel amptenare sal nodig wees om al die registrasies te doen en hoeveel gaan dit kos? Wie neem sulke besluite en wie keur dit goed? Dis mos diegene wat probeer om die land te regeer, maar baie duidelik nie in staat is daartoe nie.

Ons kort ’n regering met insig wat reg en orde handhaaf en ook beplan dat ons vooruitgaan, ekonomies, tegnies, wetenskaplik, opvoedkundig en al die vereistes verskaf wat ’n moderne beskawing vereis.

Maar nee, ons word bankrot besteel van bo sodat armoede by die dag vererger en steeds word al meer staatseiendom vernietig deur dit af te brand.

Wat het van die reg van die individu geword en is daar nog iemand wat die woorde logika en meriete verstaan?

Meer oor:  My Stem  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.