Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eskom mors lelik met ons

Ek ploeg deur Januworry met ’n swaar hart. My restaurantklante het nie geld ná die lekker Desember nie.

Ek luister aandagtig na die staatsrede en my hoop op ’n beter Suid-Afrika skiet die hoogte in. Alhoewel ons president nie die Driehoek-kinders in sy staatsrede noem nie, het hy darem die vorige week gesimpatiseer.

Die naweek sien ek nêrens ’n berig dat Eskom sukkel of beurtkrag ’n moontlikheid is nie. Tot my skok sien ek Sondag beurtkrag word van 13:00 af ingestel.

Ons kragopwekker is gesteel en nou huur ons maar een. Al die verhuringsplekke is toe . . . Wat nou?

Ek bekommer my die hele middag, want die restaurant is geskeduleer om van 18:00 tot 20:30 sonder krag te wees. Dit is ons heel besigste tyd op ’n Sondag.

Klokslag om 16:00 gaan die krag, volgens die skedule, by my huis af.

Die restaurant sal maar van 18:00 af gesluit moet word, want ek kan nie ’n kragopwekker kry nie en dit gaan nie help om eers om 20:30 weer oop te maak nie.

My moed is in my skoene.

Wel, 18:00 kom en gaan. Die krag bly aan en ons is tot 23:30 oop.

My hele Sondag is egter verwoes deur gewetenlose diewe wat bang is vir verandering by Eskom.

Elke keer as hulle nie hul sin kry nie, gooi hulle ’n vloermoer en gooi hulle sommer die uitskopskakelaars saam af.

Hoe op aarde besef jy skielik op ’n Sondag beurtkrag is nodig?

Jy weet tog sekerlik van minstens Vrydag af al dat jy 55 miljoen mense gaan verontrief.

Kan jy nie maar net die eerbare(?) ding doen en Vrydag die nasie waarsku wat jy beplan vir Sondag nie?

Of is jy bang Ridder Gordhan sê vir jou jy moet jou soos ’n grootmens gedra en die krag aanhou?

Ek kan nie wag dat die skuldiges by Eskom ondergaan nie.

Meer oor:  My Stem  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.