Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eskom se benadering slaan almal dronk

Almal weet dat Eskom te veel werk­nemers het en hul salarisse buiten­sporig groot is.

Met ander woorde dis ’n baie eenvoudige som om te maak: Eskom-werknemers kry reeds ’n maandelikse sa­laris, wat ook ’n honorarium insluit, naamlik ’n prestasiebonus, ’n vakansiebonus en ’n sogenaamde 13de tjek.

Ek glo dit slaan ons almal dronk dat Eskom, wat ons land se ekonomie ’n onherstelbare knou toegedien het, nou op verdere finansiële toegewings wil aanspraak maak.

Eskom se hoofdoel is om te sorg dat daar genoeg opwekkingsvermoë is, maar ons sit reeds met beurtkrag oor holruggeryde redes.

’n Tegniese span is nou druk besig met beplande en onbeplande instandhoudingswerk, maar die agterstand is ’n baie groot uitdaging. Hulle is in ’n wedloop teen tyd gewikkel.

Beurtkrag is dus vir baie lank ons voorland.

Meer oor:  Eskom  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.