Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Eskom soos bedorwe kind

’n Mens sou dink Eskom het nou al die punt bereik waar hy bewus is van sy verantwoordelikhede teenoor die land, veral nadat die kragopwekker self die oorsaak was van die meeste van sy probleme.

Maar, nee, soos ’n bedorwe kind wat nie sy sin kan kry nie, gooi die staatsenti-teit ’n vloermoer omdat Nersa die aangevraagde tarief-verhoging nie wil goedkeur nie.

Hiervoor het Eskom die reguleerder selfs hof toe gesleep.

Die swaard wat Eskom gedurig oor almal se koppe swaai, is dat die land ekonomies sal ondergaan as dit nie geld kry nie.

Dis intimidasie en grens aan afpersing.

Ek hoop nie die hof val daarvoor nie.

Eskom behoort aan die staat en die regering moet nou medeverantwoordelikheid vir sy versuime en vergrype aanvaar.

Die reeds uitgemelkte belastingbetalers en verbruikers, insluitend nywerhede en myne, kan nie nou weer sulke reuse-tariefverhogings aanvaar nie.

Indien ’n ineenstorting van Eskom dit nie sal doen nie, sal buitensporige tariefverhogings gepaard met onvoorspelbare beurtkragonderbrekings die land in elk geval verlam, veral as munisipaliteite, nywerhede en myne nie toegelaat gaan word om hul eie alternatiewe energie op te wek nie.

’n Maand ná sy stigting het die “oorlogskamer“ om die akute(!) krisis aan te spreek blykbaar nog nie eens vergader nie.

Dit is egter nie ’n verrassing nie, want die “oorlogs­kamer” wat destyds (2015) deur oudpres. Jacob Zuma vir dieselfde doel ingestel is en waarvan Suis-Afrika se huidige president die sameroeper­ was, het nou nog nie met daadwerklike oplossings­ vorendag gekom nie.

Pak nou die geveg aan met so ’n kruppel eend!

Meer oor:  Eskom  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.