Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Euwel van bendes het baie koppe

Die probleem van bendes in die Kaap is so oud soos die berge. Dit kan met die beste wil in die wêreld nie oornag opgelos word nie. Die maklikste sou wees om armoede op die Kaapse Vlakte uit te wis. Armoede is verreweg die grootste enkele voedingsaar vir die bestaan van bendes.

Die wanverdeling van welvaart in Suid-Afrika het in die Wes-Kaapland sy eiesoortige neerslag gevind weens onder meer die vervanging van bruin arbeid deur swart arbeid van veral die Oos-Kaap. Van die grootste fasiliteerders van hierdie praktyk was die boere van die Wes-Kaap en die latere totstandkoming van die gewraakte plaastronke. Ek het intiem hiermee kennis gemaak toe ek in die jare sestig Die Burger se verteenwoor­diger in die Paarl was.

Die bendes in die Kaap sorg op hul manier vir seker derduisende armes in die streek en dís hoekom dit so moeilik is en sal bly om van die euwel ontslae te raak. Maar ek besef dat die probleem baie omvangryker is. Hierdie euwel het baie koppe.

Meer oor:  My Stem  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.