Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Evita en Pik het glo gefaks

Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie.

Me. Evita Bezuidenhout het in die 1980’s by die KGB (Koeksister Gilde van Bloemfontein) ook bontgestaan oor bewerings rondom haar en die destydse minister van buitelandse sake, Pik Botha. Dit was die dae voor e-posse en die twee het mekaar blykbaar net gefaks! Ek weet darem nie. En nou is daar weer gerugte rondom haar en Cyril wat maar net nie wil gaan lê nie. Iewers is daar ’n vuurtjie!

Maar is kat knyp in die donker die einde van die wêreld? Ek glo nie. Dit was juis onder me. Bezuidenhout se visioenêre leiding dat die KGB die amptelike besluit geneem het dat ’n koeksister drie draaie moet hê. Dit ten spyte van die feit dat me. Elize Botha, eerste vrou van PW Botha, 11 draaie in haar koeksister wou hê!

Meer oor:  Evita Bezuidenhout  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.