Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Evolusie: Wat sê Solidariteit?

Pienkes du Plessis, Somerset-Wes, skryf:

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het met die sotlikste optrede vorendag gekom wat ek in ’n baie lang tyd beleef het. (Lees hier.)

Die heer Basie Basson, in ’n SOS-paneelbespreking oor evolusie, verkondig in sy gruwelike onkunde dat die evolusieleer nie by die natuurkundige Darwin ontstaan het nie, maar “by die duiwel”. En nou wil hulle nóg ’n aanlyn seminaar hou en hulpbronne insluit sodat “onderwysers met min moeite alternatiewe aan Christen-leerlinge kan bied waar evolusie in die kurrikulum as enigste moontlikheid aangebied word”. Bid jou aan! G’n wonder dat die gerekende paleontoloog dr. Jurie van den Heever die optrede van die SOS teenoor kinders as “krimineel” beskryf nie.

Solidariteit moet nou ondubbelsinnig standpunt inneem: Ondersteun die beweging dié optrede? Sê vir ons dat ons kan weet of ons aan ’n organisasie behoort wat primitiewe, gruwelik oneerlike perspektiewe voorstaan en ons kinders met belaglike leuens indoktrineer of nie.

Meer oor:  Pienkes Du Plessis  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.