Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Federale politieke liggame kan Suid-Afrika red

Verfrissend! Die gedagtes van Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit-beweging, en dr. Corné Mulder, Wes-Kaapse leier van die VF Plus, waarin hulle federalisme voorhou as ’n alternatief vir die blatante meerderheidsbeheer waaronder Suid-Afrika gebuk gaan, sal hopelik nie op dowe­ ore val nie.

Ek het my politieke tande geslyp op die gonswoord “federalisme” in die laat 1960’s en vroeg 1970’s as ’n konstitusionele oplossing vir lande met ’n diverse verskeidenheid wat polities saamgesnoer moes word. Buys noem verskeie voorbeelde.

In teenstelling is ek verbaas om tot vervelens weer te hoor oudpres. FW de Klerk herhaal sy pogings om sy nalatenskap goed te praat – dat hy weer sal doen wat hy gedoen het. Besef hy nie dat daardie onderhandelde Grondwet, gegrond op die globale liberalisme van ’n eenheidstaat, juis misbruik word deur die ANC om magsbeheer oor die land en al sy mense te handhaaf nie?

Daar is ’n duidelike nood vir minderhede om op die basis van selfbeskikking daardie greep te ontsnap wat hul kulturele, geskiedkundige geestesgoedere, skole, universiteite, ekonomiese en politieke deelname inperk uit te bou, op die basis van hul diverse Christelike waardes.

Die skep van federale politieke liggame vir elk van die land se verskeidenheid van gemeenskappe, met maksimale delegasies van magte en bevoegdhede, is die enigste werkbare alternatiewe model vir die huidige wantoestand van verval en vernietiging in ons eenheidstaat.

’n Federale oorkoepelende owerheid met beperkte magte, soos vir onder meer buitelandse sake, verdediging en sentrale finansies, sou die aangewese model wees.

Is dit dan nie nou geleë om weer ’n Kodesa te reël en die land van totale ondergang te red nie? Miskien sal selfs prof. Hein Willemse so ’n praktiese gedagte aan boord neem, want niemand in die land ervaar hierdie neerdrukkende toestand positief nie.


Meer oor:  Flip Buys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.