Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Fees se grensskuiwery prikkel al jare lank

Die voorbladberig “Feesteater vra: Sit jy of stap jy uit?” (10.07) wat handel oor die Vrystaat Kunstefees het my regtig aan die wonder en aan die dink gesit

Laat ek dadelik bely ek is nie ’n kunstefeesvlieg nie en besef daarom dat ek geen reg tot bekspoel oor enigiets het nie, nie eens die heerlike eetgoed wat blykbaar beskikbaar is nie.

En laat ek dadelik ook my waardering uitspreek teenoor ieder en elk wat die besonderse geleentheid met geesdrif in my dierbare stad aanbied – onder die wakende oog van pres. Steyn!

Die berig handel oor die grensverskuiwende stukke, die origens konserwatiewe gehoor/e in Bloemfontein en wie bly of gly.

Die grensverskuiwingstorie prikkel my al jare lank. Hoekom karring met grense? Verwyder of ignoreer dit bloot, soos die snelheidsgrens. Ons het dan al klaar ’n Radiosondergrense – in Afrikaans! Ek kry die indruk dat die berig eintlik ’n teleurstelling openbaar omdat niemand uitgeloop het nie. So asof dit een van die maatstawwe is? Amper soos Eskom: Moet asseblief nie ons produk gebruik nie! Bietjie onwys om duur te betaal, op te daag en dan uit te loop en buite in die koue te staan.

Iewers het ek gelees dat bywoningsgetalle tog belangrik is vir die organiseerders en dat die fees en al die aanbiedings oop is vir alle mense en nie net geserveer is vir ’n groepie uitverkorenes “sonder grense” nie.

As Bloemfontein bekend staan vir sy konserwatiewe gehoor, skuif die grense elders waar hulle nie uitloop nie.

Ek lei egter af dat die meeste mense die fees grensloos geniet!

Meer oor:  My Stem  |  Vrystaatse Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.