Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Feeskomitee moet besin oor kaartjiepryse

Ons is vier vriende wat nooit die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein misloop nie.

Die afgelope fees het ons ’n hele paar teleurstellings beleef.

Manie Jackson se gehoor in die Kopanong-ouditorium (Kovsiekerk) was ’n skamele 100 of wat mense. Nogtans het hy ’n goeie vertoning gegee. Ons het regtig vir hom jammer gevoel.

Die oggend voor Kurt Darren se optrede is ons per SMS ingelig die vertoning is afgestel.

Donderdagaand 12 Julie het ons en ’n paar ander feesgangers vergeefs voor die Civic-teater gewag. Die deure was gesluit en ons moes die volgende oggend verneem die vertoning daar is ook gekanselleer. Ons het geen kennisgewing ontvang nie.

Die was die eerste fees waarop ons sulke teleurstelling en ongerief moes verduur.

Etlike ander vertonings was net halfvol.

Dalk moet die feeskomitee

besin oor kaartjiepryse en al die bekende sangers saamgooi vir een groot musiekvertoning.

Volgende jaar sal ons beslis twee keer dink en deeglik besin oor ons bywoning van vertonings.

Meer oor:  My Stem  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.