Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Feeste raak nou net te duur vir my

Kultuur- en ander feeste raak vir my te duur. Ek wonder hoe die organiseerders die toegangsgeld bereken. Dit raak elke jaar net duurder en duurder om ’n fees by te woon.

En dan word gevra hoekom so min mense die feeste bywoon. Niemand dink egter daaraan dat die aanbieding afneem, terwyl die toegang net duurder word nie. Selfs die goedere en kos wat jy by stalletjies koop, is duur, want die organiseerders vra baie geld vir die huur van die persele waarop die stalletjies staan.

Inwoners vra ook enorme pryse vir slaapplek, en dink ook maar aan die duur brandstof om na ’n fees te ry.

Nou wat is die belangrikste? Kos op die tafel of ’n fees? Jammer, fees, jy verloor.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.