Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Feite eerder as raaiwerk en politiek

Tienduisende Engelssprekende studente het oor die jare heen vrywilliglik na die Universiteit Stellenbosch (US) gekom.

Sommige, soos een van ons topadvokate (SC en QC), was van die destydse Rhodesië en kon geen woord Afrikaans praat nie. Ander was van die destydse Natal, waar baie nog van Engeland as “home” gepraat het. Tog doen hulle uitstekend akademies en professioneel.

Die US was nog nooit ’n uitsluitlik Afrikaanse universiteit nie en vir feitlik elke vakgebied was en is daar Engelse handboeke en navorsingsbronne beskikbaar. Eksamenvraestelle kon in Engels of Afrikaans beantwoord word (behalwe natuurlik by Afrikaanse taalstudie).

Dit was ’n inklusiewe benadering waarin ons Afrikaanssprekendes Engelse vriende gemaak het en hulle weer ons kultuur leer ken het sonder enige akademiese nadeel. Die jong studente wat nou daar studeer, van wie sommige kla oor Afrikaans, is nie volwasse en ervare nie.

Waarom gaan die agbare prof. Wim de Villiers nie sy rekords na en kyk hoeveel Engelssprekende studente oor die jare heen daar kom studeer het nie en vra dan dié met ondervinding wat nou volwasse is, hoe hulle die destydse taalbeleid ervaar het.

Daar is personeel aan die US wat weet hoe om betroubare steekproewe te doen. Dan werk ’n mens met feite, nie met politiek en raaiwerk soos De Villiers nou doen nie.

Meer oor:  Us  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.