Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Fliek’ speel in regte lewe af

Wat ses maande terug na die draaiboek vir nog ’n Hollywood-treffer geklink het, gebeur nou regtig. Ons wens eintlik ons droom, maar sit die TV aan of maak die koerant oop en die werklikheid tref ons soos ’n voorhamerhou.

Ons dra gesigmaskers as ons gaan inkopies doen. Ons is selfbewus tot ons sien die meeste mense doen dit. Ons verkyk ons aan die kreatiewe maniere waarop ander hulle besig en fiks hou. Ons speel speletjies wat ons op skool laas gespeel het. Ons stig Whats-App-groepe. Ons mis kollegas. Ons gebruik woorde soos “betalingvakansie” en “kajuitkoors” en hou glad nie meer van “verlenging” nie. Ons verluister ons saans aan die stilte.

En ons glo ons gaan aan ons nageslag vertel dat ons almal saamgespan en ’n verwoestende pandemie bekamp het.

Meer oor:  Mystem  |  Korona  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.