Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Foto vertel meer as duisend woorde

Die gesegde is dat 'n foto duisend woorde werd is, hoewel dit soms 'n onderskatting is, veral met oorlogsfoto's.

Niemand kan die verskrikking van die negejarige Viëtnamese Napalm-meisie, Kim Phuc, vergeet nie. Niemand kan vergeet van die hartseer van die verdrinkte driejarige Siriese vlugtelinge se seun, Alan Kurdi, wat deur 'n soldaat gedra word nie.Waarom hierdie foto's 'n groter effek op ons het as ander foto's van besering of dood, is waarskynlik die besef dat dit nie geneem souk on word as daar geen oorloë was nie.

Dus verteenwoordig hulle die ergste van die mensdom.Daar is duisende oorlogsbeelde en die meeste wys die hartseer van die mensdom. 'n Onlangse oorlog foto skep egter 'n verwarrende beeld - 'n ballonverkoper in Kaboel. 'n Vinnige internet soektog sal baie soortgelyke foto's wys.Die foto wys 'n man wat 'n kruiwa vol toerusting het en 'n versameling van honderd of so ballonne hou.

As die prentjie gekap is om net dit te wys, dan kan dit enige plek in die wêreld geneem gewees het. Wanneer die res van die prentjie ondersoek word, sien ‘n mens geboue, plaasdiere wat gebombardeer is, baie mense wat lyk of hulle soveel verloor het, en geen lewende plante het nie. Dit is 'n hartseergesig en daar blyk min vreugde te wees.

So hoekom die ballonne?

Ballonne is vir die meeste 'n bron van vreugde en geluk, maar hoe kan daar 'n mark vir vreugde in so 'n hartseerplek wees? Miskien is die ballonne teken van 'n hoop op 'n beter toekoms. Die glimlagge wat hulle bring, kan die eerste keer wees dat 'n kind geglimlag het en daarna sal mense oplossings soek.

Die vreugde van 'n kind moet sterker wees as die hartseer van die mense, maar dit is 'n harde werk om daardie punt te bereik. Kom ons hoop die ballonne bied 'n hysbak vir die gees van hierdie mense. 'n Foto van gelukkige kinders sal 'n baie beter foto vir almal wees

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Foto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.