Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Fourie het die feite verdraai

Joernalistiekklas 2019, Universiteit Stellenbosch, skryf: Ons verwys na die rubriek van die ekonoom prof. Johan Fourie oor ’n gaslesing wat hy by die departement joernalistiek gegee het wat op 15 September in Sake-Rapport verskyn het.

Hy skryf dat ons as joernalistiekstudente ’n “verwronge opvatting van kapitalisme het” en bied verskeie stellings uit konteks aan om sy eie narratief te pas. Uit sy rubriek blyk dit dat hy dit nodig geag het om die klas op te voed oor ’n siening van kapitalisme waarmee ons – volgens hom – nooit kennis gemaak het nie.

Fourie haal die opmerkings van drie studente aan. Eerstens is hierdie drie opinies nie verteenwoordigend van al 25 studente in die klas nie en tweedens haal hy dié opmerkings buite konteks aan.

Een student se antwoord op Fourie se vraag oor wat kapitalisme is, word soos volg aangehaal: “Dis wanneer mense van hul vryhede ontneem word.” Voor die betrokke student die opmerking gemaak het, het hy uitdruklik gesê dat hy duiwelsadvokaat speel deur die negatiewe kante van kapitalisme uit te wys. Fourie maak geen verwysing hierna nie.

Fourie het die feite verdraai om sy eie narratief te pas. Dit is nie net oneties nie, maar gevaarlik.

As voornemende joernaliste is vryheid van spraak en menings natuurlik vir ons belangrik. Ons respekteer dus Fourie se reg om sy mening te lug. Ons kan egter nie stilbly terwyl ’n verwronge beeld van ons en ons departement uitgebeeld word nie.

Meer oor:  Johan Fourie  |  Brief  |  Kapitalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.