Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
FW moes net nie uit RNE stap

Oor Murray La Vita se artikel oor FW de Klerk (31.01): De Klerk het die respek van die wêreld en verreweg die meeste Suid-Afrikaners op 2 Februarie 1990 afgedwing met sy staatsrede.

Hy het gewys wat staatsmanskap is deur ’n steeds ongewilde besluit te neem om apartheid as ’n ideologie te beëindig en geregtigheid vir al die inwoners van hierdie land te bring.

Niemand kan dit van hom wegneem nie en mag hy nog lank lewe daarvoor.

Die enigste fout wat hy myns insiens gemaak het en waaronder ons vandag nog ly, was om uit die regering van nasionale eenheid (RNE) te stap. Dinge kon vandag anders gelyk het as die kundigheid van die “ou Suid-Afrika” in die regering behoue kon bly en ’n sterk opposisie die ANC tussen die lyne en by die onderhandelde ooreenkomste kon hou.

Ongelukkig het hy in die slaggat getrap van die eie ek en nie op daardie oomblik aan die land as geheel gedink nie.

Vir die meeste politieke partye van ons tyd gaan dit net oor gain and fame en politieke spel, en die ou NP en al die sogenaamde “wit” partye ná hom is nie ’n aks beter as die ANC, die EFF of enige ander party nie.

Dit is net jammer dat sulke foute ’n lang nadraai het en die gevolge nie oornag reggemaak kan word nie. Mag ons leer uit die foute van die verlede en ons huidige president ondersteun in sy pogings om dinge in ons land reg te maak en te laat werk.

Meer oor:  Mystem  |  Fw  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.