Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gaan buig die knie vir vermoorde boere

Francois Pienaar, Faf du Plessis en AB de Villiers is ikone in Suid-Afrika.

Toe buig hulle ook die knie en gee die swartmag-saluut.

My versoek aan hulle, wat waarskynlik deur baie ander ondersteun sal word: Hulle is mos manne en nie muise nie. Hulle moet die pad vat en ’n lang toer deur ons mooi land onderneem: Nampo-park, Hartswater, Zastron, Tulbagh, Stellenbosch, Reivilo en só kan ek voortgaan.

Gaan buig dáár, nie met ’n gebalde vuis nie, maar met ’n kruis in die hande en die oë hemelwaarts gerig, en bring eer aan al ons boere wat nie meer daar is nie. Boere wat gesorg het dat ons elke dag kos op die tafel het.

Hulle moenie aan my sê hulle het nie geld vir so ’n lang trippie nie. Hulle het darem seker elkeen ’n paar sent gekry om ten tyde­ van die Solidarity Cup die knie te buig.

Dankie aan die oud-Grey, Boeta Dippenaar, wat die guts gehad het om sy standpunt sonder vrees te stel. In die woorde van die digter Jan F.E. Celliers: Ek hou van ’n man wat sy man kan staan!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.