Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gaan dit dan maar net oor geldmaak?

Multichoice het besluit hy sal oop wees gedurende die 21 dae van inperking en het ál sy DStv-agentskappe laat weet dat almal oop moet wees gedurende dié tyd.

Wat gebeur nou met dié mense se gesinne wat by die huis sit terwyl die mense werk? Hulle stel mos nou almal bloot om die koronavirus te kry?

Geen sosiale distansiëring vind dáár plaas nie. Installeerders word gevra om na mense se huise te gaan vir installasies.

Die mense voor by die toonbank waar kliënte instap, word blootgestel aan die publiek, met een of meer mense wat dalk reeds die virus kan hê.

Só versprei die virus maar net verder.

Lyk my dit gaan maar net oor geldmaak.

Meer oor:  My Stem  |  Multichoice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.