Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gaan pensioen stilweg pad na Eskom vind?

Barnard Beukman se rubriek (04.04) oor die gekonkel van ministers in hierdie tydperk van afsondering en isolasie laat my maag draai.

Regulasies word afgekondig en in die Staatskoerant gepubliseer sonder inspraak en deelname van die betrokke gemeenskappe.

Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) het sy lede in kennis gestel dat sy hoofkantoor en streekkantore gesluit sal wees tot ná afloop van die pandemietyd. Die troosboodskap was dat ’n geringe verhoging aan die einde van April op hulle wag.

Die segsman van staatspensioentrekkers, Adamus Stemmet, het tereg opgemerk dat niemand sal agterkom dat die GEPF se kantoor gesluit gaan wees nie, want die bestuur het nog altyd gelate toegekyk hoe die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die fonds se geldsake na die rommelhoop bestuur.

Dink maar aan beleggings in Steinhoff, VBS Mutual, asook duistere plaasaankope.

Ek ys om te dink watter transaksies die OBK in hierdie tyd van isolasie met ons geld gaan doen.

Gaan die geld nou in die stilte ’n weg vind na instellings soos Eskom of watter instelling ook wat volgens Cosatu se wys-heid met GEPF-geld gered kan word? Dit sal altyd vir my ’n raaisel bly dat ’n vakbond voorstelle en planne kan maak oor hoe geld (behalwe sy eie) aangewend moet word om instellings te red wat juis deur dieselfde vakbond se doen en late ten gronde gegaan het.

As R1 miljoen deur die GEPF aan pres. Cyril Ramaphosa se Solidariteitsfonds geskenk gaan word, sal dit steeds ’n beter belegging wees as enige transaksie deur die OBK namens die Staatsdienspensioenfonds.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.