Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gaan Smuts staande bly?

Ek kry dit moeilik om die Britte se lojaliteit en redenasies te verstaan! 

In 1914 het  genl. Louis Botha en genl. Jan  Smuts  baie  Suid-Afrkaners, ondanks  talle  se besware,  in die Eerste Wêreld-oorlog ingesleep. Baie belowende soldate  het met hul lewens geboet.

In 1939 neem Smuts weer die parlement op sleeptou toe daar besluit word dat, ter steun van Engeland, Suid-Afrika  weer tot die Tweede Wêreld-oorlog sal toetree. Weer eens word lewens en finansies ter steun van die geallieerdes (en Engeland!) opgeoffer.

Smuts het  darem ‘n groot militêre troosprys verwerf toe hy as “veldmaarskalk”  vereer  is.

In latere jare  is selfs ‘n standbeeld deur die Britse beeldhouer Jacob Epstein op Parlementsplein (Parliament Square) in Londen vir sy groot bydrae(s)  opgerig!

Wat gebeur nou?  ‘n Borsbeeld en skildery van Smuts  by die Universiteit van Cambridge, Engeland,  waar  hy ‘n  skitterende student was,  is stil-stil verwyder! (06.08) Waarom? Waarskynlik as ‘n uitvloeisel van die #FeesMustFall-beweging! Soos Cecil John Rhodes by Ikeys en die Universiteit van Oxford “gesneuwel” het, het Smuts ook nou “in die stof gebyt”!

Nou die groot vraag: gaan die standbeeld op “Parliament Square” staande bly?  

Meer oor:  Saldanha  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.