Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gansbaai-polisie nou onder loep

Uiteindelik gee die owerheid aandag aan die onbevoegdheid van die SAPD in die Overstrand “om misdaad na behore te voorkom, die reg te handhaaf, die inwoners en hul eiendom te beskerm en te beveilig en die reg te handhaaf en toe te pas”, soos dit in artikel 205 (3) van die Grondwet (1996) beskryf word.

Verlede week het ’n buitengewone Provinsiale koerant verskyn waarin die Wes-Kaapse polisie-ombudsman, J.J. Brand, kennis gee dat hy ondersoek instel na bewerings dat die SAPD van Overstrand nie in staat is om sy mandaat uit te voer nie.

Alle inwoners van die Overstrand is bewus van (én geweldig gefrustreerd en kwaad vir) die opsigtelike en blatante wetteloosheid in die gebied. Die oorsaak is grotendeels die bendes wat die smokkelhandel in onwettige perlemoen beheer. Dis ook welbekend dat dié openlike plundering van die mariene bronne die geld verskaf om ander so­siaal-ekonomiese euwels, soos die dwelmhandel, prostitusie en geweldsmisdade, te finansier.

Die gemeenskap kla al jare lank oor die onbevoegdheid van die SAPD om ’n oplossing te vind vir die toenemende misdaadprobleem, wat grootliks en primêr aan die onbevoegdheid en beweerde korrupsie van die plaaslike SAPD toegeskryf word.

Die polisieombudsman versoek individue en organisasies om voorleggings nie later nie as 16 Junie aan hom te stuur. Nader inligting kan verkry word by ombudsman@wcpo.gov.za en by me. A. Lewis, 021 483 0669.

Meer oor:  Polisie  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.