Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gatjieponders eens jaloers op naam Dopper

Johan van Wyk se verlange na diepgang in sy geloofsbelewenis en sy kwinkslae oor Doppers beklemtoon nie net ’n eintlik minder bekende stuk plaaslike kerkgeskiedenis nie, maar ook die jammerte van die afgelope halfeeu se vervlakking in die verkondiging van die gereformeerde leer ten einde die leegloop van kerke te stuit. Tevergeefs word steeds probeer om geliefde gedagtestrominge met nuweres te verwater, want ons jong mense stel dit blykbaar as voorwaarde vir hul kerkgang.

Daarom Johan, jou aanklank om Dopper te word om steeds die digterlike Psalms van weleer te sing, strook met die strewe van ’n besondere groep koloniste vanaf ons volksplanting in 1652 om hulself te verskans teen onnodige beïnvloeding van hul geestelike en lewenshouding. Volgens Spoelstra (1963) se Die Doppers in Suid-Afrika 1760 – 1899, het die aanvanklike skuil- of skeldnaam vanuit die Kaap, die stigting van die Gereformeerde Kerk waarop dit oorgegaan het, in 1859 vooruitgeloop. ’n Afleiding waarskynlik van “dorper”, wat sedert die 16de eeu in Nederland gebruik is om hul dorpelinge se eienaardighede van die stedelinge te onderskei.

’n Interessante kerkstryd het in die 1850’s oor die toeëiening van die

Dopper-naam gewoed, wat verskil van vandag se gevestigde trots om ’n behoudende Dopper te wees. Terwyl die naam tot vandag sekere gereformeerdes kwel, was die toentertydse Gatjieponders jaloers op die naam. Hulle het daarop aangedring dat die Gereformeerde Kerk die “Afgescheide Kerk” genoem word. Die “verligte” kringe van die Boland het egter spoedig die kerk van die dwaling gesuiwer.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.