Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gauteng en Vrystaat kan hier leer

Ek en my vrou het met ons Harley-Davidson-motorfietse getoer van Mpumalanga af Kaapstad toe.

Ons het via Johannesburg gery en in Kroonstad oornag. Daarna was dit die Gariep en deur die Noord-Kaap na Graaff-Reinet, Roete 62 en Hermanus, en toe na Kaapstad.

Dis ongelooflik hoe goed die paaie in stand gehou en hoe skoon die aftrekplekke langs die pad gehou word.

Deur die Noord- en Wes-Kaap kan ’n mens sien dat daar aandag aan die paaie gegee word. Werkers al langs hierdie roetes maak skoon langs die pad en instandhouding word gedoen.

Dankie, Kaap-provinsies, dis ’n plesier om in julle te toer. Gauteng en die Vrystaat se paaiedepartemente kan gerus by julle kom leer.

Meer oor:  My Stem  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.