Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gay-kwessie net ’n geneukery in NGK

Piet Pyl van Parow skryf: Selde is die uitdagings wat die NG Kerk tans in die gesig staar so duidelik uiteengesit as in dr. Frits Gaum se resensie van Jean Oosthuizen se boek Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, en die artikel van ds. Nelis Janse van Rensburg verlede week.

Gaum en Janse van Rensburg het dit heeltemal reg. Mense soos Oosthuizen en ander – wat klaarblyklik besig is om die NG Kerk “dood te wens”, gooi die baba met die badwater uit.

En by hierdie groep voeg ek graag ook die bekrompe dominees en teoloë wat so vasbeslote is om die kerk van die “gay-gevaar” te red dat hulle bereid is om, soos ’n Simson van ouds, die hele kaboedel op hulself te laat intuimel.

Vir wat, wil ’n mens vra.

Ek kan heeltemal aanvaar dat die hele kwessie van gay-troues en gay dominees ’n geneukery (no pun intended!) binne kerkgeledere afgee. Maar waaragtig, is julle werklik bereid om die hele kerk te verwoes oor Ou Testamentiese sieninge van die liefde en die wêreld?

En let wel: Ek wys die vinger na albei: die “pro’s” en die “anti’s”.

Ek stuur maar ’n gebedjie op vir die arme drommel wat dié spul katte in een sak probeer hou. Janse van Rensburg verdien ’n blêddie medalje. Of as dit te onkerklik is vir die vromes, maak dit dan ’n dankpsalm.

In sy artikel maak hy ’n goeie jop daarvan om al die mooi en goeie wat die kerk doen te lys. Genoeg om ’n sondaar soos ek te beïndruk. Hoekom die kerk nie méér doen om dié goeie werk van die dakke af te basuin nie, weet nugter.

Maar daar is seker ook ’n Bybelvers wat dít verbied. Of nee wag – herinner my vrou my nou – daar ís.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.