Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gebruik GPS-koördinate op kieslys

Dit is nou reeds maande dat die Verkiesingskommissie spook om gevolg te gee aan die konstitusionele hof se vereiste dat ’n kieser ’n verifieerbare fisieke adres op die kieserslys moet hê.

In baie gevalle kan daar net ’n vae beskrywing van byvoorbeeld ’n standplaas, geleë suidoos van ’n klipgroef, op ’n stuk grond gegee word.

Ek het al baie gewonder waarom daar nie moderne tegnologie, soos GPS-koördinate, gebruik word nie. Nie alleen is die vasstelling op dié wyse permanent nie, maar is kartering op dié

wyse vinnig met ’n minimum mannekrag en dus veel goedkoper. In gevalle van dispuut is dit ook maklik om die plek te besoek en te verifieer.

Dink ook net hoeveel ruimte daar op die kieserslys gespaar kan word as die GPS-verwysing, in stede van die landmeter-generaal en kaarte, gevolg word.

Meer oor:  Verkiesing  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.