Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gedissiplineerde soldate salueer

Indien dr. Danny Titus (15.05) enige kennis van die weermag gehad het, sou hy geweet het dat salueer en eerbewys ’n integrale deel van ’n soldaat se lewe is.

Juniors salueer hul seniors en seniors salueer terug uit respek, ook op straat.

Soldate doen dit hier, in Rusland, die VSA, Engeland en waar ook al daar ’n weermag met gedissiplineerde soldate is.

Om nou voor te gee dat die hele land gemilitariseer was omdat soldate mekaar op straat gesalueer het, is eintlik lagwekkend.

Ek het my diensplig in 1981 in Oudtshoorn begin en saam met ons was ’n hele aantal bruin soldate van die Suidwes-Afrika Gebiedsmag. Net so het talle soldate van die TBVC-lande saam met hul wit kollegas opleiding gedoen.

Om te beweer dat die weermag spierwit was, is pleinweg nie waar nie. U het vergeet van die waardevolle bydrae wat die SAKK se lede in daardie jare gelewer het. Talle van daardie lede beklee vandag senior range in die SANW.

Meer oor:  Danny Titus  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.