Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gee regering van sy eie medisyne

Ek het vanoggend (29.07) op RSG geluister na ’n gesprek oor die probleme wat die tabakbedryf met die regering het. Die persoon wat gepraat het, het dit duidelik gestel dat daar al verskeie briewe aan die minister geskryf is waarop die minister haar nie eens verwerdig het om te antwoord nie. Dus maak die tabakbedryf geen vordering nie en gevolglik is daar baie groot skade. Ek glo dieselfde geld die wyn- en die toerismebedryf.

In die eerste plek kommunikeer ’n mens nie in Afrika per brief nie. Dit is ’n Westerse kultuur wat almal nog nie verstaan nie.

Tweedens, as iemand ordentlik en “sag” hier optree, word jy as ’n swakkeling beskou. Daar is voorbeelde in die geskiedenis.

Derdens en miskien die belangrikste aspek: Die regering gebruik Covid-19 as basis vir ’n proefneming om juis te bepaal hoe die sakewêreld op drakoniese besluite reageer. Tree hulle op soos swakkelinge, kan die hele regeringstelsel binnekort verander in ’n sosialistiese bestel, waar net die kabinet en ’n “command council” die land regeer.

Daar is al wetgewing op die tafel wat hierdie nuwe regeringsbestel gaan instel. Die onteiening van grond sonder vergoeding en die nasionalisering van banke is voorbeelde.

Ons kla dat die taxibedryf ongedissiplineerd is en met alles wegkom. In die Afrika-denkwyse is dit al manier van onderhandeling. Vreemd dat die algemene handelswêreld nog nie die saak ingesien het nie. Waarom dink u dat die skole vir alle grade gesluit is, behalwe vir twee grade? Dit is om die taxibedryf steeds aan die gang te hou met die vervoer van kinders. Dit is al “logiese” rede.

Die vraag is nou: Hoe gaan die handelswêreld met die ondersteuning van Jan Alleman hierdie saak beredder? My raad is: Sluit alle sakeondernemings vir ’n tydperk. Stuur alle werkers huis toe sodat die taxibedryf ook tot stilstand kom, versper alle stedelike en plattelandse paaie met ons motors totdat die regering bereid is om geldige en logiese veranderinge aan te bring.

Glo my, Westerse maniere van onderhandel in Afrika is ’n swakkeling se manier. Die optrede moet goed beplan word en die regering met geen keuse laat nie. Die tyd het aangebreek om Suid-Afrika vroegtydig van ’n drakoniese toekomstige regeringstelsel te red.

Meer oor:  Tabakbedryf  |  Ben Erasmus  |  Groot-Brakrivier  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.