Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gee TB-pasiënte ’n regverdige kans

Robert Koch het op 24 Maart 1882 die wêreld meegedeel dat Mycobacterium tuberculosis die oorsaak van tuberkulose (TB) is.

Tog het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in 2015 nog 10,4 miljoen nuwe gevalle aangemeld, met ’n geraamde 1,7 miljoen sterftes. Byna een uit elke drie individue het onaktiewe TB (latente TB) onder lede wat dalk in die toekoms kan
heraktiveer. In Suid-Afrika is TB die afgelope sewe jaar die hoofoorsaak van alle sterftes.

TB word deur die lug versprei en tas meestal mense se longe aan. Behandeling duur gewoonlik ses maande, met baie gunstige uitkomste. Middelweerstandige tuberkulose (MDR-TB) bemoeilik die behandeling van pasiënte omdat intensiewer middels met ernstige newe-effekte, soos gehoorverlies en senuwee-, lewer- en nierskade, vir ’n langer tydperk gebruik moet word.

Bedaquiline en delamanid is twee nuwe middels wat onlangs deur die WGO aangewys is as moontlike plaasvervangers vir ou middels. Dit het beduidend minder newe-effekte en bied ’n beter kans op genesing. Tog het slegs 0,3% van MDR-TB-pasiënte in die afgelope sewe jaar toegang tot hierdie middels gekry.

Die “#MyPatientsPledge”-veldtog doen ’n beroep op almal wat by die behandeling van MDR-TB-pasiënte betrokke is om hulle ’n regverdige kans te gee om ingeligte behandelingskeuses te maak. Vir meer inligting, besoek tbproof.org.

Meer oor:  Tb  |  Bloemfontein  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.