Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gee vir ons spelers reëlboekies present

Toe ek onlangs lees hoeveel foute ons Cheetahs maak, kon ek nie help om te wonder waar die probleem eintlik lê nie.

Dis strafskoppe, geelkaarte, rooikaarte, skrumoortredings, hanteerfoute, alles oor afrigtingsprobleme en gebrekkige kennis van die reëls.

Ons sit met twee sleutelspelers wat lank geskors is omdat hulle nie die reëls eerbiedig nie.

Spelers moet reëlboekies kry vir Kersfees en maar vroeg elke seisoen eksamen skryf.

Met Saterdag se wedstryd tussen Saracens en Leinster het ek opnuut besef ons het uit die bus geval.

Die probleme is nie beperk tot die Vrystaat nie. Al ons spanne se balvaardigheid en spelpatrone skiet ver te kort.

Toe ek lees dat baie goeie spelers soos Ernst Stapelberg skynbaar nie kontrakte gaan kry nie, het ek opnuut gewonder oor wat in ons unie aan die gang is. Ons het ’n uitgebreide bestuur- en afrigtingspan. Moet ons nie begin besnoei voordat ons goeie spelers wegwys nie?

Hopelik sal ’n goeie keuse gemaak word met die aanstelling van ’n nuwe afrigter.

Meer oor:  My Stem  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.