Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geen hulp van Sassa vir bejaarde en siek ma

Ek as dogter van ’n 87-jarige ma wat aan demensie/alzheimersiekte ly, het dringend hulp nodig.

My ma is in die sentrum Bayswater Care vir die versorging en hantering van spesifiek demensie/alzheimer-pasiënte.

Sassa-personeel het ’n plig om ouetehuise te besoek om die ouer lede te ondersteun wat nie by hul kantore kan kom om die nuwe kaarte te kan kry nie.

Ons as kinders het van verlede jaar April af probeer om haar nuwe kaart te kry, sonder enige hulp. Niemand het haar gaan besoek of ons gehelp nie.

Haar pensioen is vir die afgelope drie maande nie uitbetaal nie, en ná vele oproepe na die kantoor, is daar nog niemand wat moeite gedoen het om haar te besoek en om net haar vingerafdruk te neem en ’n nuwe kaart te voorsien nie.

Ek het met Wimpie Koekemoer by die Sassa-kantoor gesels en die probleem met hom bespreek, waarna hy ’n tuisbesoek sou reël.

Hy was baie behulpsaam en doen opvolgwerk, maar sover was daar geen reaksie van die tuisbesoekpersoneel nie.

My vraag is: Moet sy die geld wat gebruik moet word vir haar verblyf en versorging verbeur oor Sassa se nalatigheid? Of gaan hulle dit saam met haar nuwe kaart uitbetaal?

Dit is ’n verlies aan inkomste wat ek seker is nie een pensioentrekker kan bekostig nie.

Asseblief, Sassa, doen julle werk.

Ek glo egter nie my ma is die enigste een wat so benadeel word nie.

Meer oor:  Mystem  |  Sassa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.