Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geen respek vir mens of dier in SA

Dit is met afgryse en skok dat ek in Beeld (08.05) lees van die haglike toestande by die weermag se berede eenheid in Potchefstroom waar 25 perde van kant gemaak moes word weens erge verwaarlosing en wanvoeding.

Dít nadat die DBV daar moes ingryp om die stomme diere by te staan.

Dit is feitlik ondenkbaar en ’n skande wat ten hemele skrei.

Toe ek in die 1970’s my diensplig op ’n ander basis nie ver daarvandaan gedoen het nie, was hierdie die elite-eenheid van die weermag se berede afdeling. Nou is dit gereduseer tot totale verwaarlosing en ’n skande vir ons sogenaamde weermag.

Mohandas Gandhi het gesê ’n mens kan ’n land se bevolking beoordeel na gelang van die wyse waarop sy diere behandel word.

Net soos mense in staatshospitale lê en verrot, so vergaan diere in staatsbeheerde eenhede en op ministers se plase. Daar is geen ontsag en respek vir niks of niemand nie.

Ons kan maar net hoop dat die wêreld se leiers kennis neem en op berade hiervan melding sal maak as ons ministers en ons president kom bakhand staan. Sal hulle dan die kop in skaamte laat sak?

Meer oor:  Dieremishandeling  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.