Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geen verkeersbeampte hiér

In die meer as 12 jaar wat ek in Naboomspruit (Mookgophong) woon, het ek nog nooit enige verkeersbeampte gesien nie.

Net so min ’n spoedlokval.

My pleidooi aan die verkeersdepartement van Naboomspruit is: As julle enigsins vir die inwoners omgee, gee asseblief aandag aan die onbeteuelde gejaag en verontagsaming van die vierrigtingkruising by Golfpark se ingang.

Die probleem is reeds verskeie kere skriftelik by die plaaslike verkeersbeampte, Arrie Opperman, aangemeld.

My kommer gaan daaroor dat motors en taxi’s soggens vroeg en saans laat oor die vierrigtingkruising by die ingang van die Golfpark-kompleks op die hoek van Negende Straat en Derde Laan jaag.

Die stopteken word net eenvoudig verontagsaam.

Dit is ’n ernstige saak vir inwoners en ek sal voortgaan om vrae te vra en antwoorde te soek.

Ons bly in ’n wettelose Naboomspruit waar padtekens soos ’n eenvoudige stopteken – baie duidelik en sigbaar – geen betekenis meer het nie.

My pleidooi aan die verkeersdepartement van Naboomspruit is: As julle enigsins vir die inwoners omgee, gee asseblief aandag aan die onbeteuelde gejaag en verontagsaming van die vierrigtingkruising by Golfpark se ingang.

Of is dit makliker om geldjies elders in te samel?

Meer oor:  Verkeersbeampte  |  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.