Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gelag gaan ná eleksie betaal word

Max du Preez (05.11) is bekommerd dat die ANC in so ’n mate gaan vou dat hy gedwing kan word om ná volgende jaar se verkiesing met die EFF in koalisie te regeer.

Dit sal nie maklik gebeur nie, want daar is vir alle ANC-kaders te veel op die spel om die party nou te laat lostorring. Dit is nie soseer pres. Cyril Ramaphosa wat die ANC gaan red nie; die ANC sal homself inderdaad red.

Alle politieke partye is in die proses van voorbereiding vir die verkiesing, ook die ANC. Geskille gaan (vir nou) opsy geskuif word en die ANC moet net sorg dat hy nie onnodig strafskoppe en punte voor die verkiesing afstaan nie, dan is hy verseker van ’n gemaklike oorwinning.

Ná die verkiesing gaan die land die prys vir die ANC se redding of voortbestaan betaal. Daar kan net nie voortgegaan word om agteruit te boer met staats­instellings wat die land reeds oor die afgrond gesleep het nie.

Die probleem is dat vakbonde alle staatsinstellings beheer en Ramaphosa dit nooit kan waag om volgens sy gesonde oordeel met hierdie instellings te handel nie. Vakbonde is dus die besluitnemers en Ramaphosa moet dit beaam.

Ramaphosa kan ook nie bloot met die vakbonde saamgaan sonder om rekening te hou met elemente binne die ANC, soos Ace Magashule, Malusi Gigaba en selfs Supra Mahumapelo, wat Jacob Zuma steeds lewend hou nie. Die president is dus die gyselaar wat moet saamspeel.

Ek stem saam met Du Preez dat ’n ANC-EFF-koalisie rampspoedig gaan wees. ’n Koalisie tussen die ANC en die IVP,

Cope, die UDM en die DA sal ook nie realiseer nie omdat dié partye nie leiers het wat met iemand anders kan saamwerk nie. Mosiuoa Lekota is in beheer van Cope nadat hy met ’n hof­bevel geslaag het. Mmusi Maimane van die DA is ook nie leiersmateriaal nie en bedryf sy politiek deur die howe.

Wat Du Preez geskryf het, weet hy lankal, maar ek dink hy maak dit nou rugbaar sodat die ANC kennis neem en betyds voor die verkiesing kan besin.

Meer oor:  Max Du Preez  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.