Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geld inperking op Hermanus?

Dit kom voor of die owerhede op Hermanus nie die inperking ernstig opneem nie. Mense loop rond in Schulphoek, bou nuwe huise en loop na die see. Die materiaal vir die huise word aangery en soms selfs gedra, maar niemand keer hulle voor nie.

Die toestand word gereeld aan die owerhede gerapporteer, maar hulle is blykbaar nie in staat om iets daaraan te doen nie.

Daarbenewens word melkhoutbome voor die voet uitgekap en daarmee vuur gemaak om vir die huise plek te maak. Melkhoutbome word ingevolge die wet beskerm, maar nie op Hermanus nie.

Die stroom mense wat see toe loop, is besig met hul vangste – wat ook teen die wet is – maar hulle word nie verbied om dit te doen nie.

Alles hou geweldige gesondheidsgevare vir Hermanus en al sy inwoners in. Iemand sal uiteindelik hiervoor verantwoordelik gehou moet word.

Kan die president nie ook soldate na Hermanus stuur, soos wat hy in ander gebiede doen nie?

Meer oor:  Mystem  |  Hermanus  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.