Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geld is nie probleem in SA, maar verkwisting

Ek is onlangs meegedeel dat die provinsiale hospitaal op George as een van die beste staatshospitale in die land geag word. Ook dat daar ’n paar ander staatshospitale in die Wes-Kaap is wat eweneens uitstekend presteer.

Dié hospitale steek nie af by private hospitale nie, buiten dat private hospitale enkele spesialisdienste lewer wat die staatshospitale nie kan nie.

Ons word deur die regering wysgemaak dat goeie gesondheidsorg die massas ontsê word bloot omdat hulle nie aan mediese fondse kan behoort nie. Maar dié stelling is ’n leuen.

Iedere staatshospitaal kry pro rata ’n begroting en met daardie begroting moet goeie mediese dienste verskaf word. Waarom slaag ’n handjievol, maar die res is pateties? Daar is gruwelstories oor toestande in staatshospitale. Vuil, verwaarloos, ensomeer

Dit is swak en onbekwame bestuur, diefstal en korrupsie wat maak dat die massas swak gesondheidsorg kry. Indien staatshospitale ordentlik bestuur word, kan pasiënte vir daardie sorg wat net privaat aangebied word, soontoe gaan en die staat kan die koste beding en aan die private hospitale betaal. Die addisionele geld kan oor en oor verhaal word uit besparings by ander staatsinstellings.

Daar is geen rede vir ’n NGV nie. Geld is nie die probleem nie, maar die wanbestuur daarvan. En hoe meer verkwis word, hoe meer word benodig.

Meer oor:  Johan Wepener  |  Durbanville  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.