Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gelofte kan nie op mense afgedwing word nie

Die skitterende artikel “Moet Geloftedag nog in die nuwe SA gevier word?” (11.01) deur prof. Pieter Labuschagne, asook Piet Strauss se brief “Gevoelens moenie Gelofte-viering bepaal” (15.01) het betrekking.

Wie moes/moet die gelofte nakom?

Antwoord: Diegene wat teenwoordig was, asook hul nageslagte.

Nog vrae: Wat moes/moet die karakter van Geloftedag wees? As openbare vakansiedag met ’n kerkkarakter of plegtige saamtrekke?

Diegene wat die gelofte afgelê het, was self onseker oor die formaat daarvan.

Nêrens is genoem van ’n vakansiedag of verpligte kerkbyeenkomste vir ander mense nie. Nie Andries Pretorius of Jan Bantjes wat enkele dae later daaroor geskryf het, het dit gemeld nie.

Dit was Sarel Cilliers wat baie jare later die woorde “zoo als een Sabbat” bygevoeg het.

Eers met Uniewording is dit as ’n nasionale openbare vakansiedag met ’n kerkkarakter ingestel.

Aan die einde van die 1980’s het die NP-regering Geloftedag as ’n openbare vakansiedag afgeskaf.

Baie Afrikaners was hieroor ontsteld. Dit het tot baie briewe gelei.

Hierdie skrywer se brief is destyds in Die Burger geplaas.

My siening was dat dit onregverdig was, en is, om die gelofte op miljoene mense, wit of swart, af te dwing.

Ek het destyds die volgende analoog gebruik: Veronderstel ek het ’n terminale siekte, soos kanker, en ek maak ’n gelofte aan God dat met Sy genesing ek ’n kapel gaan oprig en hom dien.

Ek het geen reg om my kinders, nog minder my bure, of wie ook al, te verplig om saam God te aanbid en prys nie. Ek kan hoogstens getuig en mense uitnooi na my dienste.

As mense my nie volg nie, het ek tog geen reg om mense te beskuldig of skuldig te laat voel as hulle nie my voorbeeld wil volg nie.

Dieselfde geld as ’n groep mense in ’n bepaalde streek, soos boere in ’n distrik, ná gebed en verootmoediging ’n gelofte maak aan God om hulle te help in ’n droogtekrisis.

Hulle het geen reg om ander mense buite die distrik te dwing om hulle voorbeeld te volg of sleg te sê as hulle nie hul voorbeeld volg nie.

Meer oor:  Pieter Labuschagne  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.