Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geluk matrieks, ek salueer julle

Wat ’n verskriklike jaar vir onderwys in hierdie land was 2020.

Die huidige uitslae is behaal ondanks regeringslui wat nie die vaagste begrip het van watter belang onderwys het nie, stakings deur onderwyspersoneel, leë skole (reeds gebou), denkbeeldige skole vir die toekoms (dit heet beloftes) en rassemaatstawwe om enkeles te noem.

Ek salueer elke getroue leerkrag vir hul verstommende moeite en inisiatiewe. Ek salueer elke matrikulant wat probeer het om te slaag onder uiterste omstandighede. Ek salueer al die wonderlike ouers, sommige in haglike omstandighede, wat hul kinders deur matriek gekry het.

Die outjies wat dit nie gemaak het nie, probeer weer. Jy kan.

Angie Motshekga: Dis nie jy wat die matrikulante laat slaag het nie.

Meer oor:  My Stem  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.