Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gelukkig is daar nie meer brandstapel nie

Godsdiens en geloof bly gewilde besprekingspunte in ons dagblaaie en op sosiale media. Dr. Ben du Toit se God: Is daar ’n ander antwoord? het ’n lewendige debat in die media, gedruk en digitaal, afgegee. Meer onlangs het daar ’n herrie ontstaan, weer op sosiale media, maar ook in die dagblaaie, nadat ds. Melanie Thirion na God as “Haar” verwys het.

Wat ek nogal verbasend vind, is dat die debat net oor God gaan en daar geen verwysing is na of bespreking van die tweede persoon van die Drie-eenheid, Jesus van Nasaret, nie.

In ’n voorpublikasie-manuskrip van ’n boek wat ek pas gelees het, beweer die skrywer dat Jesus waarskynlik die invloedrykste persoon in die geskiedenis van die mensdom is. Sy volgelinge maak vandag ongeveer ’n derde van alle mense op aarde uit. Maar, sê die skrywer, Jesus was beslis nie mensgeworde God nie en is ook nie die tweede persoon van die Drie-eenheid nie.

Hy beweer – en voer geloofwaardige argumente daarvoor aan – dat Jesus bloot ’n begaafde man was “who regarded himself as the king-in-waiting of the Jews and that he was the instrument chosen by the God of the Jews to liberate his people from oppression by the Romans.”

Die skrywer beweer dat jare gelede hy waarskynlik op die brandstapel op die markplein verbrand sou word oor so ’n stelling. Gelukkig is daar vandag net spreekwoordelike brandstapels.

Nou wonder ek, watter rol speel Jesus van Nasaret in die lewe van Christene wat weggestap het van God en ’n ander antwoord soek?

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.