Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Genees emosionele pyn en gif van bitterheid só

Met al die sinlose doodmaak van mense op die Kaapse Vlakte word inwoners gedesensiteer vir geweld. Dis veral duidelik uit hul verlaagde reaksies tot nuus oor mense wat weens geweld gesterf het, selfs in gevalle waar lyke erg geskend is.

Omdat slegs sommige oortreders aangekeer en slegs sekere slagoffers se name in die media vermeld word, blyk dit amper vir die geliefdes van afgestorwenes dat hul lewe nie werklik saak gemaak het nie en dat hulle slegs misdaadstatistieke is. Talle familielede het ná baie jare steeds seer en vind dit moeilik om hul afsterwe te aanvaar.

Dit sal dus goed wees as die owerhede in Kaapstad ’n sekere tydperk opsy kan sit om hierdie sterftes in sekere areas te herdenk – in samewerking met relevante godsdiens- en maatskaplike organisasies.

Plaaslike gemeenskapsale of skoolsale kan ook vir dié doel beskikbaar gestel word. Naasbestaandes sal dan ’n foto van die oorledene met hul naam en van, sterfdatum en oorsaak van dood daarop kan saambring om vir ’n volle week op uitstallingsborde vertoon te word. Dit sal as ’n konkrete erkenning aan die publiek dien dat die lewe van oorledenes kosbaar en baie waardevol was.

Of hul moordenaars bekend is of nie en of hulle tronk toe is of nie, kan familielede ook aangemoedig word om dit in hulself te vind om ook briewe van vergifnis te skryf wat saam met hierdie foto’s vertoon kan word.

Foto’s wat geneem word van naasbestaandes wat langs hierdie vertonings staan, sal ook dien as openbare verklarings en konkrete herinneringe van hul vrymoedige dade van vergifnis. Omdat so ’n aksie baie moeilik en heel pynlik is, kan dit van niemand verwag word om ook so ’n brief saam te bring nie, veral as die sterfte meer onlangs was.

Dis wel dít wat die geliefdes in staat sal stel om van die emosionele pyn en gif van bitterheid genees te word en om van die gevangenis van onvergifnis bevry te word. Dit is veral mansfamilielede wat dit benodig, aangesien hulle gewoonlik nie hul emosies openlik uitdruk nie en by wie dit dikwels in die vorm van negatiewe gedrag manifesteer.

Selfs sulkes wat reeds hul familielid se moordenaars vergewe het, kan slegs ’n brief skryf wat s? hulle het die oortreder reeds op ’n sekere tyd vergewe.

Die aanskouing van hierdie openbare vertonings sal help om inwoners van gemeenskappe bewus te maak van die erns van geweld en die belangrikheid daarvan om mekaar te beskerm. So ’n projek kan ’n mate van waardigheid aan die lewe van oorledenes verleen. Dalk kan dit in drie areas met die hoogste gevalle van geweld begin word.

As iets soos dit nie ook ’n manier kan wees om genesing, bevryding en afsluiting aan families van slagoffers te bring nie, dan wat sal?

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Godsdiens  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.