Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Genl. Cele maak seker grappies oor sigarette

Genl. Bheki Cele se outokratiese uitlating dat mense in hegtenis geneem sal word as hulle met sigarette in hul motor betrap word (23.05), verwys.

Die persoon sal ’n kwitansie moet toon om te “verduidelik waar en wanneer hy/sy dit gekoop het”, eis hy. Sonder twyfel het Cele ’n zol of twee geniet voor die bevel. Waar kry jy nou ’n kwitansie vir onwettige aankope, en waar vereis die regulasies sulke onsin?

Daarby gee Cele die versekering dat as jy kratte vol sigarette in jou huis het, sal jy nie in hegtenis geneem word nie. Maak hy grappies? Sonder twyfel sal jy sonder ’n voordeur wees en binne minute in die vangwa wees, en jou naam sal gevoeg word by die duisende wat reeds in hegtenis geneem is.

Meer oor:  Sigaret-Verbod  |  Bheki Cele  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.