Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
GEPF: Dank aan hierdie vrywilligers

Baie dankie aan die vrywilligers wat die Vereniging vir die Monitering en Voorspraak van Regeringspensioene (AMAGP) gevorm het om die belange van lede van die Staatsdiens­pensioen­fonds (GEPF) te beskerm.

Politieke en administratiewe misbruik van die fonds mag nie geduld word nie – die primêre doel van beleggings moet wees om maksimale opbrengs te verseker sodat jaarlikse verhogings van pensioene, asook volhoubare pensioene, verseker sal word.

Senior hoërskoolleerlinge leer van die Handves van Regte (hoofstuk 2 van die Grondwet): die reg op toegang tot inligting, regverdige administratiewe optrede, deursigtigheid, verantwoordbaarheid, en so meer.

Dankie aan die AMAGP-vrywilligers wat juis ingevolge die Handves van Regte optree en aandring op antwoorde. Meer pensioentrekkers moet hulle by die AMAGP (www.amagp.co.za) aansluit om ons hand te sterk!

Meer oor:  Darling  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.