Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
GEPF: Parlement versuim sy plig

Theo Stehle, Knysna, skryf: Dit is slegte nuus vir begunstigdes en lede van die staatsdienspensioenfonds (GEPF) dat die parlement blykbaar besluit het om nie die trustees te vra om in die openbaar verantwoording te doen vir sy 2018-jaarverslag nie.

Indien dit waar is, het die parlement sy eksterne toesigrol laat vaar.

Die aktuariële stand van die fonds, soos weerspieël in die verslag, word deur eksterne kenners betwis. Hulle het bevind dat, hoewel die korttermynfinansieringsvlak aan die vereistes voldoen, die langtermynvlak ver te kort skiet. Dit kan daarop uitloop dat die fonds oor enkele jare nie sy verpligtinge teenoor sy lede sal kan nakom nie.

Dit is gemene saak dat die Openbare Beleggingskorporasie, wat die GEPF se geld belê, swak en twyfelagtige beleggings gemaak het. Die nuutste is die belegging in Tongaat Hulett waar aandele wat op ’n stadium R80 werd was nou gedaal het tot onder R14.

Die verlies vir die GEPF is tog ooglopend. Tog word lede steeds verseker dat daar niks is om oor bekommerd te wees nie.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.