Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
GEPF se geld en pensioen op spel

Gerrit Erasmus, Bellville, skryf:

Die GEPF is algemeen bekend as die pensioenfonds vir staatsamptenare en die OBK is sy hoof-beleggingsagent met die mandaat om beleggings te maak om aanvaarbare risiko’s te loop om opbrengste te verseker.

Weens die toenemende druk op kapitaalvoorsiening om sukkelende staatsondernemings te red is die vraag waar gaan die geld vandaan kom? Die algemene verwagting is dat die enigste likiede bron, pensioenfondse, onder druk gaan kom om lenings of beleggings te maak.

Staatspensioentrekkers en vakbonde vra voortdurend vrae hieroor, maar al wat hulle kry is ontwykende antwoorde soos “ons is nog nie genader nie” of “dis bespiegeling” of “ek mag nie beleidsvrae beantwoord nie”.

Wat ons bepleit is groter deursigtigheid deur die GEPF ten opsigte van die beleid, mandate en die beheer oor mandate van die OBK.

Die GEPF moet groter deursigtigheid en ’n sterker vennootskap met pensioentrekkers en vakbonde bou.

Dis immers hul geld en pensioen wat op die spel is.

Meer oor:  Gerrit Erasmus  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.