Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geskiedenis en verkeersreëls verontagsaam

Regtig, die minister van kuns en kultuur besluit sommer een dag alles wat in die tyd voor die ANC-bewind opgerig is, moet nou in ’n temapark geplaas word en die parlement besluit sommer die volgende week dis ’n goeie idee.

Standbeelde en plekke is op die plek opgerig waar iets plaasgevind het en waar dit van toepassing is. Ek dink nie iemand gaan ’n standbeeld van ’n seevaarder in die Karoo oprig of een van Dingaan in die V&A Waterfront nie. ’n Monument word tog nie vir elke Jan Rap en sy maat opgerig nie, dit het ’n simboliese en geskiedkundige waarde. Dit hoort waar dit oorspronklik staan. Beraadslaag met die mense vir wie dit saak maak.

Dit is absoluut verregaande dat alles wat in die wit era opgebou is, nou afgebreek en vernietig of uitgestoot moet word. Gaan die Uniegebou en die parlement en al die wonings waarin hulle so bly wat ook eintlik monumente is, ook daar geplaas word?

Maar natuurlik, die geskiedenis wat die kinders in die skool leer, is so verdraaid dat jy nooit sal glo dat daar ooit ’n tydperk voor die ANC-bewind was nie. Hoekom leer hulle nie liewer die kinders dat hulle ’n Eerstewêreldland gekry het en dit in ’n Derdewêreldland verander het nie?

Nou die alewige gekla oor dronkbestuur. Ek is seker dat nie eens ’n kwart van die padongelukke deur dronkbestuur veroorsaak word nie, want dan moet al die taxibestuurders dronk wees. Die meeste ongelukke word deur taxi’s en voetgangers veroorsaak. Voetgangers veroorsaak hope ongelukke, maar ek glo nie hulle word eens getoets of hulle besope was nie.

Maar die grootste oorsaak van ongelukke waaroor daar glad nie gepraat word nie, is die verontagsaming van die padreëls. In ’n bestek van 18 km vanoggend het drie motors oor stopstrate gery sonder om stil te hou. Nadat die verkeerslig rooi geslaan het, het nog twee voertuie deurgery sonder om eens te probeer stilhou. Twee voertuie het voor my ingeswaai sonder om ’n flikkerlig aan te skakel. Daar is heen en weer oor die sperstreep in ander bane ingery. Daar word op die geel sperstrepe jou verbygesteek. Daar word, veral deur taxi’s, sommer aan die linkerkant verbygesteek in plaas van regs. Dis nou mense wat deur K53 geleer is om heeltyd rond te kyk en nie geleer is van padreëls nie.

In elke ongeluk was die bestuurder vermoedelik onder die invloed van drank. Nonsens. Suid-Afrikaners was nog altyd verantwoordelike mense en niemand sal sy lewe en dié van sy gesin en ander moedswillig in die gevaar stel deur beskonke te bestuur nie. Ons is opgevoed, nie net grootgemaak nie. Die alkoholperk van 0,05% is ook nog nie eens naby aan dronk nie.

En die daggarokers, gaan hulle ook nou getoets word, wat sal hul presentasie wees? Ek wonder wat sal gebeur as die vermoedelik dronk bestuurder die een wat dit geskryf of gesê het gaan aankla van naamskending as dit nie só was nie.

Meer oor:  Verkeersreëls  |  M.W. Du Plessis  |  Goodwood  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.