Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Geskiedenis herhaal in Zuma?

Mense sê die geskiedenis herhaal homself. Almal kry soms die gevoel dat daar ’n bietjie waarheid in steek.

Kom ons vergelyk die geskiedenis van pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika met dié van keiser Montezuma II (1502-1520) van die groot Asteekse beskawing van Mexico.

Die ooreenkomste (en paar verskille) spreek vanself.

Motezuma het die land uitstekend bestuur, maar ’n klomp stamme was gebelg oor die hoë belastinglas en sy gebruik om menslike slagoffers te laat doodmaak om ‘n wraaksugtige afgod tevrede te hou.

Montezuma was baie lief vir vroue en het talle vroue en bywywe gehad. Om al sy vroue te huisves, het Montezuma ’n groot paleis betrek wat selfs dakke gehad het wat met ’n lagie goud bedek was.

Hy het ook in ’n pragtige stad gewoon waarvan baie dakke met goud bedek was.

Op ’n dag, in die jaar 1519, kom sowat 500 soldate per skip in Mexiko aan. Die bevelvoerder, Hernán Cortés, het gehoor dat die land baie silwer en goue beelde en versierings gehad het.

Eintlik was hy ’n avonturier en “conquistador”, iemand wat dus lande moes onderwerp om buit vir sy koning in Spanje te versamel.

Hy kry dit toe reg om met die hulp van die ontevrede stamlede vir Montezuma gevange te neem. Die staat is dus gekaap.

Sommige skrywers beweer dat Montezuma in 1520 deur Cortez se soldate vermoor is.

Ander bronne reken hy is deur sy eie mense met klippe doodgegooi.

Wat wel seker is, is die feit dat Montezuma se hele stad in puin gelê is, en dat die Asteekse beskawing vernietig is.

Suid-Afrika se Zuma en sy kapers is steeds aan die bewind en dit lyk of hulle steeds buit versamel.

Zuma en die Gupta-broers sal dalk eendag in groot weelde kan leef en salig sterf.

Ons sal moet wag en kyk in hoe ’n mate die geskiedenis homself herhaal.

Meer oor:  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.