Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gesloer oor onderwys ’n probleem

Uiteindelik gaan die matrieks op 1 Junie terug skool toe! Dis die uiterste vorm van swak bestuur denkbaar. Hoe is dit moontlik dat dit amptenary op hoë vlak so lank kon neem tot ’n oplossing?

Moenie ’n fout maak nie, Covid-19 is ’n baie gevaarlike pandemie. Met al die nodige voorsorgmaatreëls in plek kon die matrieks al ’n maand gelede op die skoolbanke gewees het.

Almal het begrip daaarvoor dat die regering oorversigtig moes wees, want by skole kan Covid-19 eksponensieel toeneem. M.a.w. soos ’n vuur wat brand en die wind kom skielik op.

Al die skole kon reeds binne drie weke met al die nodige voorsorgmiddels toegerus gewees het. Skole en koshuise beskik tog reeds oor die nodige bleikmiddels. Slegs die ontsmettingsmiddels met die nodige apparaat moes bykom. Die skoonmakers kon reeds opgelei gewees het.

Die heel belangrikste is dat die skoolhoof en sy personeel net voor die aanvang van die eerste lesuur moet toesien dat al die leerlinge se temperatuur (koors) met die infrarooi-termometer geneem en die hande gedurig gewas word.

As net die matrikulante vir eers geakkommodeer word, is daar genoeg ruimte en personeel wat kan toesien dat die vereiste afstand van 1,5 meter gehandhaaf word.

Matrieks se akademiese jaar loop nou vinnig ten einde. In al die ander grade kan die verlore tyd ingehaal word deur herstrukturering en aanpassings, maar die matrieks kan nie die horlosie tot stilstand roep of terugdraai nie.

Indien die matrikulante nie vanjaar hul leerplan kan afhandel nie, “spoel” die tydsfaktor ook oor na die tersiêre instellings soos kolleges, universiteite, ens. Dit kan in 2021 problematies wees.

Óf die onderwysdepartement óf die nasionale bevelsraad moet die blaam dra vir die vrot hantering van die hele aangeleentheid.

Meer oor:  David Rainier  |  Hartenbos  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.