Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gesondheidstelsel is aan die vou

Dit lyk vir my al hoe meer asof ons agbare minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, dink hy is Robin Hood.

Sy eie gesondheidsdiens stort in duie, maar net langsaan is daar die “rykes” wat een van die beste gesondheidsdienste in die wêreld het. Maklik – gryp die gans wat die goue eiers lê en slag hom sommer om die eiers in sy buik ook te kry.

Wat hy egter vergeet, is dat die vuisvoos belastingbetaler sélf vir sy mediese fonds betaal met geld waarvoor hy gewerk het. Dit help nie om die rykes te beroof in die hoop dat jy dan die armes gaan ryk maak nie.

Ongelukkig is daar net een manier waarop jy die bakhandstaner tot betaler kan transformeer: Skep ’n beter onderwysstelsel en skep werk­geleenthede.

Ons kan net hoop dat daar iewers in die departement van gesondheid iemand is wat logies dink, want anders stuur ons af op ’n volslae gebrekkige gesondheidstelsel – in die private sowel as die openbare sektor!

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.