Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Gevaarlikste virus is armoede

Die virussiekte Covid-19 het reeds groot skade oor die wêreld heen gebring.

Baie mense is reeds dood en die wêreld en Suid-Afrika se ekonomie is verwoes.

Hierdie koronavirus het die sterkpunte en swakhede in die samelewings van die wêreld uitgewys.

In Suid-Afrika het hierdie virus vir ons die gevaarlikste virus in ons land uitgewys: armoede.

Armoede gaan uiteindelik ons land verwoes.

Die mense in die regering wat so baie geld gesteel het, het hierdie armoede aangehelp.

Die sondes van die verlede – van die vorige bedeling – het bygedra tot hierdie armoede.

Immigrante wat van elders in Afrika instroom, laat mense sonder werk in armoede leef.

Mense wat saam in plakkerskampe ingedruk is, is ’n groot krisis in hierdie tyd van die koronavirus.

Ses tot agt mense wat in een plakkershuisie saamwoon, kan eenvoudig nie 2 m uitmekaar wees nie.

Die mense wat die wette en regulasies maak om die afsondering af te dwing, woon self in groot huise en het luukses en moderne hulpmiddels en lewensmiddels tot hul beskikking.

Hulle maak wette wat nié deur die mense in dié plakkerskampe nagekom kan word nie.

Kommentators wat raad gee oor hoe om die korona-pandemie te hanteer, is ook almal uit die bevoorregte groep.

Dit is tyd dat die mense wat in die taxi’s werk toe moet ry, hul mening gee oor min. Fikile Mbalula se drakoniese regulasies.

Ons as bevoorregtes het geen idee hoe dit voel om in sulke armoede en haglike omstandighede te leef nie.

Die Covid-19-pandemie sal verbygaan, maar die armoede-pandemie gaan ons land verwoes en uiteindelik vernietig.

Die werkloosheid gaan verder bydra tot armoede.

Elkeen in Suid-Afrika wat kan, sal moet betrokke raak by armoedeverligting wat geen kleurgrens ken nie.

Meer oor:  Mystem  |  Virus  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.